Semen Bevriesing

verseker dat jou ram se genetika veilig is


Hierdie is die enigste manier om te verseker dat jou ram se genetika veilig is in geval van siekte of dood van die ram.

Deur by GeneCo saad te vries kan jy die volgende bereik:

  • Koste-effektiewe versekering in geval van ram se dood.
  • Gevriesde saad is op bystand indien jou ram siek of beseer raak – so verhoed ons dat jy ’n teelseisoen mis.
  • Deel maklik en risiko vry ramme wat meer as een eienaar het.
  • Bemark saad om jou inkomste aan te vul sonder dat jy jou top ramme hoef te verkoop.
  • Jou ramme se vrugbaarheidstatus is bekend voor die teelseisoen.
  • Gevriesde saad is as bystand op jou KI dag beskikbaar om te verseker dat die program suksesvol is, in die geval dat die ram nie op die dag goeie saad produseer nie.

Hoe om jou ram se plek te bespreek by ons

Skakel ons op 0833085277 en ons sal met jou ’n tyd reel om die ram af te laai by ons, asook besonderhede soos hoeveel strooitjies ons moet vries en hoe lank die ram by ons sal bly. U kry weekliks ’n verslag oor die ram en hoeveel van die strooitjies reeds gevries is. Saad word Maandag tot Vrydag in die oggend kollekteer deur ’n kunsvagina en koggel ooi. Die semen word verdun, evalueer en gevries. Een dosis word ontvries om kwaliteit te bepaal alvorens die oggend se saad in langtermyn stoor geplaas word. Sodoende verseker ons dat slegs saad wat aan ons minimum standaarde voldoen gestoor word.

Hoe om die saad by ons te trek of te verkoop

Skakel die kantoor by 0833085277 ten minste een week voor u die die saad benodig sodat ons dit kan verpak en tyd het om dit te stuur.

Kontak Ons
Navrae