Ideale KI Program

GENECO GEVORDERDE Teling


Koggelramme wat in die 24 uur na CIDR’s getrek is tussen die ooie is, help baie om die ooie naby aan mekaar te laat ovuleer. Die koggelramme kan met die aanvang van KI verwyder word.

Ooie moet vir 18 uur uitgehonger word voor die laparoskopie. Dit is goed indien die ooie reeds voor ons begin KI, in groepe sorteer is na gelang van die ramme waarmee hulle insemineer word. Die gebruik van gekleurde oormerke vergemaklik jou bestuur met KI, sowel as tydens lamtyd. Vanghokke of ’n drukgang vergemaklik die die vang en laai van ooie op die KI-dag.

Die omgewing waar ons die laparoskopie uitvoer moet ongeveer 5m x 5m groot wees om te verseker daar is genoeg plek vir die twee KI-trollies sowel as ons toerusting. ’n Gladde sementvloer is ideaal aangesien die trollies op wiele loop. Indien die vloer baie rof is kan planke of rubber matte gebruik word om ’n pad vir die trollies te maak. Die omgewing moet skoon, onderdak en uit die wind en weer wees.

Verskaf asseblief skoon water, sowel as elektrisiteit. ’n Kragopwekker is ook voldoende – maak asseblief voortydig seker dat hy goed werk en dat genoeg brandstof beskikbaar is. Verder benodig ons ’n tafel om instrumente op uit te pak.

Indien u vars semen gaan gebruik moet die ramme naby die ooie op hok staan met genoeg plek om saad te kan kollekteer. Die ramme moet vir minstens vyf dae voor KI glad nie toegelaat word om te dek nie. Ons gebruik een van die KI ooie as ’n koggel ooi om saad te kollekteer by die ram.

Na afloop van die KI, kan die ooie teruggaan na hul normale kamp met vars water. Moet asb nie ’n oormaat konsentrate uitsit nie, aangesien die ooie uitgehonger is en maklik suurpens kan ontwikkel. Die ooie moet so stresvry as moontlik hanteer word vir die volgende vier weke. Moet asseblief nie in hierdie tyd met die ooie werk nie – geen dosering of bosluis dip, ens. nie.

Kontak Ons
Navrae