Embrio Oorplasingsprogram

sinkronisering van die ontvangers en sinkronisering en superovulasie van die skenker ooie


Die program bestaan uit twee dele, sinkronisering van die ontvangers en sinkronisering en superovulasie van die skenker ooie. Ons stuur vir jou beide programme met duidelike instruksies wat tot op die uur uitgewerk is.

Watter resultate kan ek vervag?

Die tyd van die jaar het ’n groot invloed op jou resultate. Indien ooie buite die fisiologiese teelseisoen gespoel word kan mens verwag dat 75%-80% van die ooie sal reageer op die behandeling. Indien jy binne die teelseisoen spoel behoort 85%-90% van die ooie te reageer.

’n Gemiddelde dragtigheidspersentasie van 65%-70% kan behaal word wanneer graad 1 embrio’s vars oorgeplaas word. Met bevrore embrio’s wat ontvries en oorgeplaas word kan jy 50%-60% dragtigheid verwag.

GeneCo Embrio dienste

Embrio oordrag op jou plaas
Hierdie diens is beskikbaar enige plek in Suid Afrika of Namibie, reiskoste sal van toepassing wees. Sien asb onder “Klient se verantwoordelikhede” wat die fasiliteitsvereistes is.

Embrio oordrag by GeneCo stasie
Skenker ooie word by ons afgelaai vir totale duur van die program. Die ontvanger ooie kan ook in die stasie bly, of indien die klient naby genoeg is kan ons die embrio’s afkoel en op jou plaas gaan oorplaas.

Klient se verantwoordelikhede

  • Skenker en ontvanger ooie se lammers moet minstens vier weke voor aanvang van die program gespeen word.
  • Daar moet verwyderingspermitte vir alle ooie wees. Ooie moet ook duidelik identifiseerbaar wees.
  • Indien u van gevriesde saad gebruik wil maak wat nie by ons gestoor is nie moet die strooitjies minstens ’n week woor die KI-dag by ons wees. Ons benodig minstens drie dossise saad per ooi.
  • Indien vars saad gebruik gaan word moet die ramme 10 dae voor die program begin vir vrugbaarheid getoets word.
  • Indien DNA toetse op die nageslag uitgevoer gaan word is dit die klient se verantwoordelikheid om seker te maak die nodige monsters word van die skenker ooie en ramme geneem.
  • Alle ontvanger ooie moet duidelik gemerk en identifiseerbaar wees.

Fasiliteite vir embrio oordrag op jou plaas

Ons benodig ’n skoon area, onderdak met ’n harde vloer. Die omgewing moet beskut wees van wind en reen. Lopende water en elektrisiteit moet naby beskikbaar wees. Twee stewige tafels vir toerusting word ook benodig.

Arbeid vir embrio oordrag op jou plaas

Daar moet minstens vier mense wees wat die skape gemaklik kan hanteer. Hulle moet die ooie maklik kan vang, omdop en optel.

Kontak Ons
Navrae